top of page

 

Maria Rademan-Viviers

 

Ek het grootgeword met koor as my "sport". Ek het in Durbanville Voorbereidingskool my liefde ontdek vir sang. Ek het verder in Durbanville Laerskool se koor besef dat koor 'n kardinale rol in my lewe gaan speel. Ek het in die SA jeugkoor en Stellenbosch universiteits koor o.l.v. Andre van der Merwe besef dat dit my passie is - ek wil dit leef!

Ek het musiek opskool geneem en my graad 8 klavier eksamen gespeel. Op Universiteit het ek sang geneem by Andre Howard, Minette du Toit-Pearce en Liz Wright. Ek was ook die trotse sêr-leier van die koshuis, Nerina.

In 2013 het my droom waargeword toe ek aangestel is by Durbanville Hoërskool en die dirigent word van 'n koor van 36 lede. Vandag bestaan ons uit 90 lede met 'n sak vol gouetoekennings.

 

Ek is tans deel van TWEE saam met Herman Kleinhans en is voltyds betrokke in die musiekbedryf.

 

VIVOX is nog 'n droom wat waar word. 'n Groep uitverkore jongmense met daardie titseltjie ekstra passie vir musiek. Die harmonieë neem ons tot in 'n wêreld waar almal dieselfde is, almal glimlag, almal verstaan. 'n Volmaakte eenheid.  

bottom of page